Paralimpiese Spele: Nog vier medaljes vir SA

Suid-Afrika se atlete het gister nog vier medaljes ingepalm by die Paralimpiese Spele in Londen.

Arnu Fourie het laat gisteraand ʼn brons medalje gewen in die 100m (klas T44). Oscar Pistorius het vierde geëindig. Ilse Hayes het ʼn silwer medalje gewen in die 100m (klas T13). Hilton Langenhoven het ook ʼn silwer medalje vir Suid-Afrika gewen in die 400m (klas T12). Natalie du Toit het haar derde goue medalje by die Spele gewen nadat sy eerste geëindig het in die 200m-individuele wisselslag (klas SM9).

Suid-Afrika het reeds 21 medaljes – vyf goud, sewe silwer en nege brons – gewen tydens vanjaar spele. Die Paralimpiese Spele kom Sondag tot ʼn einde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.