Paralimpiese Spele: Opwindende Dinsdagaand verwag

Alle oë en verwagtinge vir nog ʼn goud val op Natalie du Toit, wat om 19:10 aan die 400m-vryslag S9-finaal gaan deelneem.

Suid-Afrika staan tans 23ste op die medaljeranglys van die Paralimpiese Spele in Londen en sal na verwagting later Dinsdagaand opskuif met vier sportsterre wat in finale gaan deelneem.

Suid-Afrika spog tans met twee goue, vyf silwer en ses bronsmedaljes. Alle oë en verwagtinge vir nog ʼn goud val op Natalie du Toit, wat om 19:10 aan die 400m-vryslag S9-finaal gaan deelneem. Haar spanmaat, Emily Gray, neem ook aan dié swemitem deel.

Shireen Sapiro is ook ʼn gunsteling om ʼn medalje in te palm. Sy swem om 19:42 in die 100m-rugslag S10-finaal. ʼn Doring tussen die rose is ook ʼn gunsteling om ʼn medalje te verower ná Charles Bouwer vandag eerste in sy 400m-vryslag uitdunne geëindig het. Hy is vanaand om 21:45 in aksie.

Michael Louwrens het reeds vandag al vir Suid-Afrika ʼn bronsmedalje bekom deur derde in die gewigstoot F57/58-finaal te eindig. Sy beste vertoning was 13.64m.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.