Paralimpiese Spele: Oscar en Natalie vandag in aksie

Oscar Pistorius. Foto: Wessel Oosthuizen/SAPA

ʼn Aksiebelaaide dag lê by die Paralimpiese Spele in Londen voor, met die Suid-Afrikaanse span wat aan 22 items gaan deelneem.

Die rolstoel-basketbalspan is eerste in aksie om 09:30. Natalie Du Toit, wat reeds al twee goue medaljes tydens vanjaar se spele verower het, neem om 12:40 aan die 50m-vryslag uitdunne deel.

Nog ʼn hoogtepunt om na uit te sien, is wanneer Oscar Pistorius om 20:08 op die atletiekbaan gaan uitdraf vir die eerste rondte van die 100m T44-uitdunne.

Klik hier vir ʼn volledige rooster van die atlete wat vandag deelneem. Neem kennis dat die tyd wat daar weergegee word, die universele tyd is. Tel net ʼn uur by om te bepaal hoe laat die item in Suid-Afrika uitgesaai gaan word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.