Paralimpiese Spele: Oscar vanaand in 100m-finaal

Foto: Wessel Oosthuizen/SAPA

ʼn Aksiebelaaide dag lê by die Paralimpiese Spele in Londen voor, met die Suid-Afrikaanse span wat aan 14 items gaan deelneem.

Natalie Du Toit en Emily Gray begin vandag se aksie en neem om 10:45 aan die 200m-individuele wisselslag SM9-uitdunne deel.

Suid-Afrika neem vandag aan agt finale deel, met die hoop om meer medaljes by die 17 wat reeds verower is, by te voeg. ʼn Hoogtepunt om na uit te sien, is wanneer Oscar Pistorius om 22:24 op die atletiekbaan gaan uitdraf vir die 100m T44-finaal.

Klik hier vir ʼn volledige rooster van die atlete wat vandag deelneem. Neem kennis dat die tyd wat daar weergegee word, die universele tyd is. Tel net ʼn uur by om te bepaal hoe laat die item in Suid-Afrika uitgesaai gaan word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.