Paralimpiese Spele: SA ryg die medaljes in

Suid-Afrika het gister sy medalje-oes tot 15 opgestoot by die Paralimpiese Spele in Londen.

Natalie du Toit het haar tweede goue medalje tydens vanjaar se spele ingepalm nadat sy die 400m-vryslag in ʼn tyd van 4:30.18 gewen het. Emily Gray het sewende geëindig met ʼn tyd van 4:59.77.
Shireen Sapiro het ʼn brons medalje verower in die 100m-rugslag (klas S10) in ʼn tyd van 1:09.02. Michael Louwrens het derde in die gewigstoot (klas F57/58) geëindig en daarmee vir die land ʼn brons medalje verower. Sy beste afstand was 13.64m.

Suid-Afrika spog reeds met 15 medaljes waarvan 3 goud, 5 silwer en 7 brons en is in die 22ste plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.