Paralimpiese Spele: SA skitter

Die foto is deur @London2012 op Twitter gelaai.

Suid-Afrika se atlete het behoorlik geskitter gister by die Paralimpiese Spele in Londen toe hulle ses medaljes ingepalm het.

Jonathan Ntutu het ‘n brons medalje ingepalm in die 100m (klas T13). Teboho Mokgalagadi het ook sy slag gewys in die 100m (klas T35) toe hy ‘n silwer medlaje gewen het. Dyan Buis het ‘n silwer medalje gewen in die 100m (klas T38). Anrune Liebenberg het die vroue se naam hoog gehou toe sy ‘n brons medalje in die 200m (klas T46) gewen het. In die swembad het Charles Bouwer ʼn goue medalje gewen in die 50m-vryslag (klas S13). Achmat Hassiem het vroeër die dag ʼn brons medalje gewen in die 100m-vlinderslag (klas S10).

Oscar Pistorius het eerste geëindig in sy 200m-uitdun (klas T43) en sodoende ʼn nuwe wêreldrekord opgestel. Arnu Fourie het ook eerste geëindig in sy 200m-uitdun (klas T44) en ook ʼn nuwe wêreldrekord opgestel. Kgothatso Montjane het haar eerste rolstoeltennis wedstryd met 7-5, 6-2 gewen terwyl Evans Maripa sy eerste wedstryd met 6-1, 6-0 gewen het.

Natalie du Toit en Hendri Herbst het Vrydag Suid-Afrika se ander twee medaljes ingepalm. Du Toit het goud gewen in die 100m-vlinderslag (klas S9) terwyl Herbst brons gewen het in die 50m-vryslag (klas S11).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.