Jonathan Ntutu het ‘n brons medalje ingepalm in die 100m (klas T13). Teboho Mokgalagadi het ook sy slag gewys in die 100m (klas T35) toe hy ‘n silwer medlaje gewen het. Dyan Buis het ‘n silwer medalje gewen in die 100m (klas T38). Anrune Liebenberg het die vroue se naam hoog gehou toe sy ‘n brons medalje in die 200m (klas T46) gewen het. In die swembad het Charles Bouwer ʼn goue medalje gewen in die 50m-vryslag (klas S13). Achmat Hassiem het vroeër die dag ʼn brons medalje gewen in die 100m-vlinderslag (klas S10).
Oscar Pistorius het eerste geëindig in sy 200m-uitdun (klas T43) en sodoende ʼn nuwe wêreldrekord opgestel. Arnu Fourie het ook eerste geëindig in sy 200m-uitdun (klas T44) en ook ʼn nuwe wêreldrekord opgestel. Kgothatso Montjane het haar eerste rolstoeltennis wedstryd met 7-5, 6-2 gewen terwyl Evans Maripa sy eerste wedstryd met 6-1, 6-0 gewen het.
Natalie du Toit en Hendri Herbst het Vrydag Suid-Afrika se ander twee medaljes ingepalm. Du Toit het goud gewen in die 100m-vlinderslag (klas S9) terwyl Herbst brons gewen het in die 50m-vryslag (klas S11).