Paralimpiese Spele: SA’ners vandag in aksie

Foto: @Team_SA_2012

Talle Suid-Afrikaners is reeds vandag in aksie na gisteraand se openingseremonie van die Paralimpiese Spele.

Die fietsryer Roxy Burns neem om 11:05 deel aan die kwalifiserende ronde van die 3 000m. Jaco Nel sal sy slag wys in die 1km tydtoets om 15:00. Die perderuiters Anthony Dawson en Marion Milne sal om 9:00 in die dressuur-item in aksie wees.

Natalie du Toit en Kevin Paul sal Suid-Afrika vandag in die swembad verteenwoordig. Du Toit sal om 12:00 aan die uitdunne vir die 100m vlinderslag vir vroue deelneem terwyl Paul om 12:15 aan die 200m individuele wisselslag deelneem.

Suid-Afrika se mans rolstoel-basketbalspan neem om 20:45 teen Australië deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.