Paralimpiese Spele: Uitslae en vanaand se aksie

Natalie du Toit

Suid-Afrika se rolstoel-basketbalspan het, ten spyte van ‘n goeie poging, 74-50 teen Spanje, die spit afgebyt.

Atlete wat vanaand in die swembad te sien is:
Natalie du Toit en Emily Gray neem om 19:40 aan die 100m-rugslag S9-finaal deel.
Hendri Herbst neem om 20:00 aan die 100m-vryslag S11-finaal deel.
Charles Bouwer neem om 21:00 aan die 100m-vlinderslag S13-finaal deel.

Atletiek:
Anruné Liebenberg het, met ‘n tyd van 25.79 sekondes, tweede geëindig in die 200m T46 vir vroue. Sy neem Saterdag om 22:53 aan die finaal deel.

Fanie van der Merwe het, met ‘n tyd van 23.83 sekondes, tweede geëindig in die 200m T37 vir mans. Hy neem Saterdag om 21:08 aan die finaal deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.