Atlete wat vanaand in die swembad te sien is:
Natalie du Toit en Emily Gray neem om 19:40 aan die 100m-rugslag S9-finaal deel.
Hendri Herbst neem om 20:00 aan die 100m-vryslag S11-finaal deel.
Charles Bouwer neem om 21:00 aan die 100m-vlinderslag S13-finaal deel.
Atletiek:
Anruné Liebenberg het, met ‘n tyd van 25.79 sekondes, tweede geëindig in die 200m T46 vir vroue. Sy neem Saterdag om 22:53 aan die finaal deel.
Fanie van der Merwe het, met ‘n tyd van 23.83 sekondes, tweede geëindig in die 200m T37 vir mans. Hy neem Saterdag om 21:08 aan die finaal deel.