Paralimpiese Spele: Uitslae, vandag se aksie

Natalie du Toit het gisteraand Suid-Afrika se eerste goue medalje by die Paralimpiese Spele in Londen gewen.

Du Toit het die 100m-vlinderslag vir vroue (klas S9) in ʼn tyd van 1:09:30 gewen. Kevin Paul het vierde geëindig in die 200m-wisselslag vir mans (klas SM10) nadat hy vroeër die oggend die tweede vinnigste tyd aangeteken het in die uitdunne. In fietsry het Jaco Nel in die algehele 11de plek geëindig in die 1km-tydtoets (klas C2). Suid-Afrika se ander fietsryer Roxy Burns het sesde geëindig in die enkelagtereenvolging oor 3 000 m (klas C4). In Perdry het Wendy Moller 13de gekom, Anthony Dawson 15de en Marion Milne 10de. Suid-Afrika se mans rolstoel-basketbalspan het met 93-39 teen die wêreldkampioen Australië vasgeval.

Suid-Afrikaners vandag in aksie:

10:00 – Phillipa Johnson – Perdry

10:30 – Sandra Khumalo – Roei

11:12 – Chenelle van Zyl – Diskus

11:18 – Kevin Paul – Swem

11:24 – Shireen Sapiro – Swem

11:38 – Emily Gray – Swem

11:41 – Natalie du Toit – Swem

11:46 – Hendri Herbst – Swem

11:58 – Renentte Bloem – Swem

12:00 – Jaco Nel – Fietsry

12:30 – Charles Bouwer – Swem

12:40 – Fanie van der Merwe – Atletiek 200m

13:13 – Anrune Liebenberg – Atletiek 200m

16:15 – Suid-Afrika se mans rolstoel-basketbalspan

21:37 – Teboho Mokgalagadi – Atletiek 100m

22:42 – Jonathan Ntutu – Atletiek 100m

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.