Paramedici beroof na noodoproep

Twee paramedici van Gardmed is Woensdag naby Port Elizabeth in die Oos-Kaap aangehou en beroof nadat hulle op ʼn noodoproep reageer het.

Die PE Herald berig dat Renier Mostert (34) en Heather McLeod, ontbied is na huis in Zwide na ʼn vrou wat aan diabetes ly flou geraak het. “Toe ons daar aankom het ons die huis binnegegaan en die pasiënt begin behandel. Ons was omtrent 20 minute in die huis voor ons die vrou in die ambulans gelaai het. Ek het teruggehardloop in die huis om ons toerusting te gaan haal terwyl Mostert by die vrou in die ambulans gebly het,” volgens McLeod. Toe McLeod na die ambulans teruggekeer het, is sy deur drie gewapende mans gekonfronteer. Mostert het intussen gesien wat gebeur en een van die rowers se vuurwapen gegryp. Een van die ander rowers het hom met ʼn vuurwapen oor die kop geslaan. Die rowers het met Mostert en McLeod selfone en kontant gevlug. Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.