Paramedici poog tevergeefs om man se lewe te red

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Man is Woensdagaand in Durban dood ná ‘n botsing reg van voor.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het by die kruising van Old Mainweg en Saunderslaan in Isipingo plaasgevind. “Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie sal die ongeluk ondersoek,” het Botha gesê.

Volgens Botha het die man verskeie beserings opgedoen en paramedici het meer as ʼn uur lank gespook om sy lewe te probeer red, maar hy is later op die toneel dood verklaar.

Twee mense is ook in die ongeluk beseer. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.