Paramedici probeer vergeefs om kalf te red

Foto: ER24

Paramedici van ER24 het vergeefs probeer om ʼn kalf te red nadat dit deur ʼn taxi omgery is in Fisherstraat buite Hillcrest in Durban.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê toe paramedici op die toneel aangekom het, het die taxi in die middel van die pad gestaan en die kalf ʼn paar meter verder gelê. Die twee passasiers in die taxi is nie beseer nie. “Die kalf het gelyk of hy baie pyn verduur. Paramedici het hom versigtig opgetel, in die ambulans gelaai en na die Waterfall veearts gehaas,” sê Banks. Die kalf het egter gevrek kort na sy aankoms by die veearts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.