Paramedici soek tevergeefs na “vliegtuig”

Argieffoto

Reddingspanne is Saterdag met ‘n riemtelegram gevang nadat ‘n radiobeheerde vliegtuig as die ware Jakob aangesien is.

Daar is vroeër berig dat ‘n mikroligte vliegtuig net buite Richardsbaai in KwaZulu-Natal neergestort het. ‘n Ooggetuie het paramedici ontbied toe hy die vliegtuig sien val het.

“Ná drie ure se soektog na die beweerde vliegtuigwrak, het reddingspanne ontdek dat die persoon wat die ongeluk aangemeld het, die radiobeheerde speletjiesvliegtuig as ‘n ware mikroligte vliegtuig aangesien het,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, gesê.

Reddingspanne het net buite Richardsbaai in KwaZulu-Natal gesoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.