Paramedici spring in swembad om swemmer te help

Paramedici van Netcare911 het Woensdag sowat ʼn uur in volle uniform  in  ʼn swembad spandeer om ʼn beseerde swemmer te help.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê ʼn vrou van Pretoria het rugslag in die swembad geoefen toe haar skouerbeen uit lit gegaan het. “Die vrou was in soveel pyn dat sy nie uit die swembad kon klim of uitgehelp kon word nie. Paramedici moes in die swembad klim om haar te behandel,” het Botha gesê. Die vrou is gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.