ʼn Paramedikus is Woensdag agt keer met ʼn skerp voorwerp gesteek toe hy ʼn man probeer help het.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê Ryno Strydom (30) het in Mario Milaniweg in Vereeniging gery toe hy ʼn man in die pad sien lê het. Strydom het van die pad af getrek om die man te help. “Die man het opgespring en nog twee mans het by hom aangesluit.” Die drie mans het Strydom in die keel, bors, rug en bene gesteek. Hulle het sy selfoon en beursie gesteel en gevlug. Strydom kon daarin slaag om weer by sy motor uit te kom en 12km na ʼn ER24-stasie te ry waar hy met sy aankoms inmekaargesak het. Hy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer waar hy in ʼn stabiele toestand is. Vermaak sê Strydom het aan hulle gesê die mans kon moontlik nie daarin slaag om sy motor te steel nie weens die immobiliseerder.
Dit is die hoofrede waarom ek NOOIT, NOOIT, NOOIT sal stop om hulp aan te bied nie – in elkgeval NIE in die omstandighede waarin ons vandag leef nie – dit is net doodeenvoudig te gevaarlik – PUNT.
Ja, mense sal vra, en wat as dit ‘n familielid is, of vriend … en jy het nie gestop nie ?
Wel, ek weet nie, ek hoop en bid dit kom nie oor my pad nie.
Aan hierdie barmhartige samaritaan – spoedige herstel wens ek jou toe, en dis jammer dat dit met jou gebeur het. STERKTE !
Ek persoonlik sal ook nooit stilhou in so n geval nie. Dit is veels te gevaarlik. Dis is nie omdat ek geen empatie of simpatie het nie.
Wanneer mens lees wat met mense gebeur wat ander probeer help rys jou hare letterlik.
Sterkte aan die man wat wou help.
Moet vir niemand stop nie.Vertrou niemand nie. Wees altyd op julle hoede. Ons leef in n oerwoud waar jy nie jou lewe seker is nie. Sedert 1994 het alle reg en geregtigheid en orde verval. Niemand is in beheer nie . Selfs die president steel en verkrag.