Paramedikus sien ongeluk wat sy gesin uitwis

ʼn Paramedikus het Sondagaand gesien hoe sy vrou, nege maande oue baba en twee ander gesinslede in ʼn gru-ongeluk gesterf het.

Daily News berig dat Shane Sookdaw, ʼn paramedikus van ER24 in Pietermaritzburg, eerste op die toneel was na die gru-ongeluk. Sy suster en swaer is ook in die ongeluk dood. Sookdaw en sy gesinslede het die dag by die Albert Falls-dam spandeer en was op pad huis toe, toe die ongeluk op die R33 op Greytownweg plaasgevind het. Drie voertuie was in die ongeluk betrokke. Sookdaw se vrou, baba, suster en swaer het in ʼn BMW gery wat in twee geskeur is deur die ongeluk. Hulle is op slag dood. Sookdaw het agter hulle gery in ʼn ander voertuig. ʼn Egpaar in ʼn Pajero is ook in die ongeluk dood. Twee ander mense is ernstig beseer.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.