Paramedikus sterf na trok hom tref

Chris Gerber. Foto: Youtube

ʼn Paramedikus van Durban is dood nadat hy deur ʼn vragmotor getref is terwyl hy op ʼn ongelukstoneel op die N2 besig was.

LookLocal berig dat die ongeluk omstreeks 3:00 Woensdagoggend plaasgevind het. Volgens die berig was paramedici op die toneel van ʼn ongeluk tussen ʼn vragmotor en ʼn ligte voertuig op die N2 naby die King Shaka Internasionale Lughawe-brug. Terwyl paramedici en lede van die polisie op die toneel besig was, het die bestuurder van ʼn vragmotor glo beheer verloor en in hulle ingeploeg. Dit is gevolg deur ʼn derde ongeluk waar die bestuurder van ʼn bakkie ook amper in die groep ingeploeg het en teen verskeie ander motors op die toneel gebots het. ER24 het gister op hulle Facebook-blad geskryf dat Chris Gerber van Medix EMS Donderdag in die hospitaal oorlede is.

Patrick Waite het die video op Youtube gelaai as ‘n huldeblyk aan Gerber:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.