Parkbewaarder vas vir renosterstropery

ʼn Wildbewaarder van die Kruger Nasionale Park is vir beweerde renosterstropery in hegtenis geneem.

Sanparke het in ʼn verklaring gesê die bewaarder word moontlik met nog gevalle van renosterstropery in die Park verbind. Hy is gister in hegtenis geneem. Volgens Sanparke is 131 vermeende renosterstropers reeds vanjaar in hegtenis geneem. 65 van die vermeende stropers is in die Park in hegtenis geneem terwyl 15 vermeende stropers sedert die begin van die jaar deur bewaarders in die Park doodgeskiet is. Meer as 220 renosters is reeds vanjaar vir hulle horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.