Hillary Clinton, voormalige Eerste Vrou van Amerika, is Vrydag in Londen vir onwettige parkering beboet terwyl sy ʼn toekenning ontvang het.
Clinton was in Londen om die gesogte Chatham House-toekenning te ontvang, maar een van die lede van haar geselskap het glo die verkeersreëls in dié stad verontagsaam.
“Ek is seker sy sal begryp dat ons regverdig moet wees, ongeag wat die persoon se status op die wêreldverhoog is,” het Daniel Astaire, raadslid van Westminster, Woensdag gesê. Hy sê Clinton se motor was “nagenoeg 45 minute lank” geparkeer “sonder om te betaal”.
Die boete is £40 (sowat R640) indien dit binne twee weke betaal word, maar dubbel daarna.
Siestog.
Is dit nou regtig nuus?