Parlement gereed vir staatsrede

Helen Zille op die rooitapyt vir die staatsrede Foto: @capetimesSA op Twitter

Helen Zille op die rooitapyt vir die staatsrede Foto: @capetimesSA op Twitter

Die rooitapyt is uitgerol vir pres. Jacob Zuma se staatsrede Donderdagaand by die parlement in Kaapstad.

Lede van die parlement, kabinetministers, afgevaardigdes en genooide gaste sal om 19:00 gereed sit vir Zuma se toespraak.

Zuma en sy gevolg sal net voor 19:00 by die parlement opdaag en die Volkslied sal dan gespeel word. Daar sal ook ʼn 21-geweersaluut wees en vliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugmag sal verbyvlieg. ʼn Pryssanger sal optree voor Zuma se toespraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.