Die rooitapyt is uitgerol vir pres. Jacob Zuma se staatsrede Donderdagaand by die parlement in Kaapstad.
Lede van die parlement, kabinetministers, afgevaardigdes en genooide gaste sal om 19:00 gereed sit vir Zuma se toespraak.
Zuma en sy gevolg sal net voor 19:00 by die parlement opdaag en die Volkslied sal dan gespeel word. Daar sal ook ʼn 21-geweersaluut wees en vliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugmag sal verbyvlieg. ʼn Pryssanger sal optree voor Zuma se toespraak.