As jy stewig op jou twee voete kan staan en die geselskap van politici geniet, het ʼn personeelagentskap in Bellville moontlik vir jou ʼn werk, berig EWN.
Die agentskap wil sowat 350 kelners oplei om die afgevaardigdes tydens volgende week se parlementsopening te bedien. Staffing Direct hoop dat talle werklose jongmense vir die pos, wat ongeveer R15 per uur sal betaal, aansoek sal doen. Volgens Caroline Mack van die agentskap sal die jongmense moontlik in die toekoms ook vir ander poste genader word indien hulle goed vaar. “Ons doelwit is om die jeug vaardig te maak en hul bemarkbaar te maak vir toekomstige poste.” Kontak Staffing Direct by 021 948 3451.