Parool geweier vir moordenaars van akteur en sy vriend

Brett Goldin

Die veroordeelde moordenaars Jade Wyngaard en Nurshad Davids is Woensdag parool geweier in die Drakenstein-gevangenis in die Wes-Kaap.

Wyngaard en Davids is skuldig bevind aan die moord op die akteur Brett Goldin en sy vriend Richard Bloom. Goldin en Bloom is op 16 April 2006 ontvoer en vermoor. Wyngaard en Davids is elk twaalf jaar tronkstraf opgelê en het reeds ses jaar van hul vonnisse uitgedien. ʼn Woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, Simphiwe Xaku, sê Wyngaard en Davids sal in Julie volgende jaar weer die geleentheid kry om vir parool aansoek te doen. Dit is die tweede keer wat Wyngaard en Davids se parool geweier word nadat hulle in November verlede jaar ook aansoek gedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.