Parool vir Selebi word dié week oorweeg

Jackie Selebi

ʼn Aansoek vir mediese parool vir Jackie Selebi sal dié week deur korrektiewe dienste oorweeg word, het die departement Saterdag gesê.

Woordvoerder Zacharia Modise het gesê: “Die departement sal hierdie week op die aansoek reageer. Die direkteur-generaal was met verlof en is Maandag terug in die kantoor.” Omstreeks drie weke gelede het ʼn groep wat hulself “Vriende van Jackie Selebi” noem, ʼn aansoek by die kantoor van die minister van korrektiewe dienste en die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste ingedien en versoek dat Jackie Selebi op mediese parool vrygelaat moet word. Modise het gesê Selebi is steeds baie siek en word by die Steve Biko Akademiese Hospitaal behandel. Hy het aangedui dat Selebi tans stabiel is. Die groep het Saterdagoggend glo nog ʼn brief gestuur en versoek dat Selebi op mediese gronde vrygelaat moet word. Modise het gesê hy is nie bewus van die tweede brief nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.