Partye betoog teen verkragting

Anene Booysen (17)

Die DA en die ANC-jeugliga het Dinsdag hul politieke verskille opsy gestoot toe hulle saam aan ʼn optog teen verkragting deelgeneem het.

Honderde mans, vroue en kinders het aan die ʼn optog in Bredasdorp in die Wes-Kaap deelgeneem. Hulle het opgeruk na die landroshof van dié dorp waar twee mans vir die wrede moord en verkragting van die 17-jarige Anene Booysen verskyn het.

Johannes Kana (21) en Jonathan Davids (22) word daarvan verdink dat hulle, glo saam met twee ander mans, Booysen om die beurt verkrag en vermink het. Daar het ʼn streng  polisieteenwoordigheid by die hof en die gebied rondom die hof geheers. Die betogers het by die hof ‘n memorandum oorhandig, waarin hulle eis dat misdadigers strenger vonnisse kry.

Die saak is tot 26 Februarie uitgestel wanneer die verdagtes om borgtog sal aansoek doen.

Die Daily Voice berig dat Matthew Prins (23)  Vrydag in verband met die voorval in hegtenis geneem is, maar die volgende dag weer vrygelaat is omdat hy glo nie met die voorval verbind kon word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.