Partye vergader op dag twee van Amcu-staking

Amcu-lede tydens die staking in Marikana Foto: @ewnreporter op Twitter

Amcu-lede tydens die staking in Marikana Foto: @ewnreporter op Twitter

Onderhandelings sal Vrydag op die tweede dag van die vakbond Amcu se staking in Noordwes by die wêreld se top drie platinummyne, Impala, Lonmin en Anglo American in Noordwes, plaasvind.

Die departement van arbeid, die platinummyne en Amcu gaan by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) in Johannesburg vergader, het Mildred Oliphant, die minister van arbeid, se woordvoerder Vrydag gesê.

Lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Donderdag begin staak. Tot 80 000 platinummynwerkers het by Lonmin se Marikana-myn saamgekom en dring aan op ʼn intreevlak-salaris van R12 500.

In ʼn gesamentlike verklaring het die platinummyne die regering se ingryping in die onderhandelinge verwelkom.

Chris Griffith, hoof uitvoerende beampte van Anglo American Platinum, het gesê sy maatskappy het die aanbod van ʼn “mediasieproses wat deur die regering gefasiliteer word” aanvaar, sodat ʼn skikking bereik kan word. Ben Magara, hoof uitvoerende beampte van Lonmin, het gesê dit is belangrik dat ʼn positiewe en volhoubare oplossing bereik word.

Die maatskappye het Dinsdag gesê Amcu se looneise is onbekostigbaar en onrealisties.

Lees ook:
Amcu stem in tot verdere onderhandelinge
Amcu-staking: “Lonmin het busse gestop”
Stakende mynwerkers kom by Marikana-stadion byeen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.