Parys-moord: Valke vang twee verdagtes

Die Valke het die plaasmoordsaak van die bejaarde Van Rooyen-egpaar van Parys oorgeneem en Woensdag reeds twee verdagtes in hegtenis geneem.

Ernst en Annetjie van Rooyen is Dinsdag dood in ʼn motorhuis, wat as ʼn snoepwinkel gebruik is, op hul plaas Somerset aangetref. Annetjie se liggaam was in ‘n vrieskas gesit.

Kapt. Paul Ramaloko, die Valke se woordvoerder, het aan Maroela Media gesê die verdagtes is Woensdagoggend in Zambala naby Sasolburg in hegtenis geneem. “ʼn 30-jarige man en 46-jarige vrou is aangekeer. Gesteelde goedere asook ʼn selfoon van die egpaar, is in hulle besit gevind,” het Ramaloko gesê.

Die verdagtes moet Vrydag in die Parys-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.