Pasgebore baba aan die brand gesteek

Argieffoto

Die verkoolde lykie van ‘n pasgebore baba is Saterdag in Honeydew, Johannesburg, opgespoor.

“Dit lyk of die babadogtertjie Vrydagaand daar gelaat is,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê. “Die pasgebore baba is op die hoek van Christiaan de Wetrylaan en Beyers Nauderylaan in Honeydew toegedraai in ‘n kombers binne plastieksakke aan die brand gesteek.”

Die polisie is na die toneel ontbied en sal die saak verder ondersoek.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Heila Velloen ·

Liewe Here, wie???????, wie?????????????, wie???????? hoe siek moet enige mens wees om so-iets (wat veronderstel is om ‘n gekenkie van God te wees) aan ‘n onskuldige babatjie te kan doen. Hoeveel mense is daar nie wat ouerloos is en smag na so ‘n bondeltjie nie? Mense wat soveel liefde het om te gee, en dan moet ons van sulke wrede dinge op internet en in die koerante lees. Maar my God slaap nie, en ek glo dat dit nie by Hom ongesiens verby sal gaan nie.

marlise ·

dit is werklik siek. Ons liewe JESUS se moenie my kindertjies verhinder nie. sulke mense behoort in die tronk en dan moet hul somer die sleutel weg gooi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.