ʼn Pasgebore baba is glo in die Oos-Kaap doodgeskop.
Maj. Zamukulungisa Jozana, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het Woensdag gesê die voorval het in Mqanduli, naby Mthatha, plaasgevind. Volgens Jozana het ʼn vrou Sondag na haar bure se huis gegaan vir hulp nadat sy begin kraam het.
“Sy het in die bure se huis geboorte geskenk. Kort daarna het die eienaar van die huis opgedaag en hy was woedend toe hy sien wat gebeur het. Hy het die babatjie, wat in ʼn baadjie toegedraai was, begin skop. Die baba is op slag dood,” het Jozana gesê.
Hy sê die man het weggehardloop toe hy besef het die kind is dood. Die man is nog soek. Die polisie ondersoek ʼn aanklag van moord.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
So lae luis!!
Barbaar!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Hy moenie geskop word, sodat hy OP SLAG kan sterf nie!! Hy moet dood gemartel word!
Hang hom onderstebo aan sy groottone aan ‘n hoë tak op en LOS HOM DAAR
Hang die vloek!