Pasgebore baba doodgeskop

Argieffoto

ʼn Pasgebore baba is glo in die Oos-Kaap doodgeskop.

Maj. Zamukulungisa Jozana, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het Woensdag gesê die voorval het in Mqanduli, naby Mthatha, plaasgevind. Volgens Jozana het ʼn vrou Sondag na haar bure se huis gegaan vir hulp nadat sy begin kraam het.

“Sy het in die bure se huis geboorte geskenk. Kort daarna het die eienaar van die huis opgedaag en hy was woedend toe hy sien wat gebeur het. Hy het die babatjie, wat in ʼn baadjie toegedraai was, begin skop. Die baba is op slag dood,” het Jozana gesê.

Hy sê die man het weggehardloop toe hy besef het die kind is dood. Die man is nog soek. Die polisie ondersoek ʼn aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

chrisna ·

Hy moenie geskop word, sodat hy OP SLAG kan sterf nie!! Hy moet dood gemartel word!

Louise ·

Diere doen dit nie eers nie! Barbaar is nog ‘n mooi woord vir so ‘n ding!

HELENA SEABORNE ·

blerrie trol, hoop hulle vang hom, martel hom en skop hom dan vrek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.