Pasgebore dogtertjie met briefie van ma op rommelhoop gevind

ʼn Pasgebore babadogtertjie, toegedraai in ʼn kombers, is verlate op ʼn rommelhoop in Mahikeng gevind.
Brig. Thulane Ngubane van die Noordwes-polisie sê die dogtertjie is Vrydagaand om 19:00 gevind. Daar was ʼn handgeskrewe nota deur haar ma saam met haar in die kombers toegedraai.
In die brief het die ma verduidelik dat sy met die dogtertjie swanger geraak het nadat sy verkrag is.
“In die brief spreek sy die hoop uit dat die baba deur verbygangers gevind sal word, sodat die kind deur iemand grootgemaak kan word. Sy het geskryf sy is lief vir haar dogtertjie, maar het nie die middele om self na haar te kyk nie,” sê Ngubane.
Hy sê Tlhompo, die naam wat haar ma vir haar in die brief gegee het, is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar sy vir ontwatering behandel is. ʼn Geval van die verlating van ʼn pasgebore baba word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.