ʼn Tweeling het Woensdagmiddag ʼn ongeluk op die N4-snelweg naby die Cullinan-afrit oos van Pretoria oorleef. Die tweeling is een dag oud.
Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die botsing plaasgevind toe ʼn ligte afleweringsvoertuig omgeslaan het.
“Een persoon is op die toneel dood verklaar en een persoon het kritieke beserings opgedoen. Die babatjies is wonderbaarlik ongedeerd,” het Steinmann gesê.
Die beseerde persoon is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
Sterkte aan die familie.
God se beskermings hande was op daardie oomblik oor daardie 2 pas gebore babas. Sterkte vir die familie
Sterkte aan die familie. Bly die tweeling is piekfyn.
Wat doen een dag oue tweelinge op die pad? Hulle is mos veronderstel om nog in hospitaal te wees….selfs in die perfekte omstandighede!
Pasgebore babas word die dag na hul geboorte al ontslaan indien ma en baba/s piekfyn en gesond is. Sons, wanneer is jou kinders gebore? Bly die tweeling is veilig.