Pasiënt pleeg glo selfmoord in hospitaal

Argieffoto

ʼn Man is Donderdag in ʼn Gautengse hospitaal dood nadat hy glo sy beddegoed aan die brand gesteek het in ʼn poging om selfmoord te pleeg.

Hope Papo,  LUR vir gesondheid, sê die polisie en die provinsie se departement van gesondheid ondersoek die voorval wat by die Natalspruit-hospitaal in Katlehong plaasgevind het.

“Die man is in Desember in die hospitaal opgeneem met 50% brandwonde oor sy liggaam nadat sy plakkershut aan die brand geslaan het. Hy is in isolasie aangehou om te verhoed dat sy wonde infeksie kry. Hy het glo Donderdag self sy beddegoed aan die brand gesteek en is later weens erge brandwonde dood,” het Papo gesê.

Hospitaalpersoneel het gou die brand onder beheer gebring en geen ander pasiënte is deur die brand geraak nie.

“Die voorval word in diepte ondersoek om uit te vind hoe dit gebeur het en of dit verhoed kon word,” het Papo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.