Pasiënte by psigiatriese hospitaal beweer hulle is aangerand, verkrag

Pasiënte by ʼn psigiatriese hospitaal in Fort Beaufort in die Oos-Kaap beweer hulle is deur personeel aangerand en verkrag.

ʼn Woordvoerder van die departement van gesondheid, Sizwe Kupelo, sê ʼn ondersoekspan is na die Tower-psigiatriese hospitaal gestuur om die bewerings te ondersoek. Hy sê twee pasiënte beweer hulle is Woensdag deur verpleegpersoneel aangerand. Die departement het ook klagtes gekry van twee ander pasiënte wat beweer hulle is verlede maand deur verpleegpersoneel by die hospitaal verkrag. Kupelo sê hulle neem die bewerings baie ernstig op en sal die nodige stappe neem teen die skuldige partye. Die polisie ondersoek ook die bewerings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.