Pasop – tandepasta kan ontplof

Olimpiese Winterspele in die Russiese stad in Sotsji

Olimpiese Winterspele in die Russiese stad in Sotsji

Amerikaanse veiligheidsowerhede het ‘n spesiale waarskuwing aan lugdienste uitgereik om veral versigtig te wees vir plofstof wat in tandepastabuisies of ander kosmetiek-buisies versteek is.

Die veiligheidsdienste is bekommerd dat ekstremistiese Moslem-terroriste op dié wyse plofstof aan boord van vliegtuie kan smokkel, om s gewelddadig protes aan te teken teen die aanbied van die Olimpiese Winterspele in die Russiese stad in Sotsji.

Tot 40 000 veiligheidsbeamptes is in Sotsji ontplooi.

Kommer oor terreur om die Spele te ontwrig bestaan reeds sedert die Tsjetsniese opstandsleier, Doku Umarov, ‘n eed geneem het dat hy die Spele gaan ontwrig.

Intussen het die Russiese polisie bekend gemaak dat hulle ‘n man in Daghestan doodgeskiet het, wat daarvan verdink word dat hy die twee vroue opgelei het wat selfmoordbonaanvalle in Volgograd geloods het.

Bronne: Los Angeles Times, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.