“Indien klein goedjies uit mekaar val sonder om reggemaak te word of in stand gehou word, dan het ek baie min geloof in die lugredery se algemene instandhoudingstandaarde,” het Annie Macmillan, wat twee keer verlede maand met die lugredery gevlieg het, gesê. “Nadat ek vir verskeie jare uitsluitlik met Kulula gevlieg het, is ek spyt dat ek nou die besluit moet maak dat dit die laaste keer sal wees dat ek een van hul passasiers sal wees.” Macmillan beweer sy het die lae standaarde aan die bemanning uitgewys, en alhoewel hulle ook besorg was, het hulle niks gedoen nie. “Hul reaksie was dat, alhoewel hulle dit reeds in hul verslae aan hul hoofde verklaar het, daar niks gebeur nie. Hulle voel nie meer veilig nie, maar kan nie hul werk verloor nie.”
Heidi Brauer, hoof uitvoerende bestuurder van groepbemarking vir Comair, sê alle Kulula-vliegtuie word in stand gehou volgens die vervaardigers se instandhoudingsdokument en hul instandhoudingskedule is deur die Suid-Afrikaanse Burgerlike Lugvaartowerheid goedgekeur. Sy sê talle passasiers wat daagliks deur die vliegtuie beweeg dra by tot slytasie. “Ongelukkig het die vervaardigers nie altyd die spaardele beskikbaar nie, en die items moet gereeld spesiaal vervaardig word. Dit kan soms tot drie maande duur voordat interne onderdele ontvang word en dan moet dit nog eers installeer word.” Sy het ook gesê dat veiligheid hul eerste prioriteit is en dat ʼn vliegtuig nie sal opstyg indien hulle verseker is van sy kondisie nie. “Ongelukkig, in hierdie voorval het die binnekant van die vliegtuig die persepsie geskep dat die algehele instandhoudingstandaard van die vliegtuig onbevredigend is, wat nie die geval is nie,” het sy gesê.
Nuwe Kulula-vliegtuie word glo in Julie-maand in gebruik geneem wat van die ouer modelle sal vervang.