Passasier land vliegtuig in noodtoestand

Argieffoto

Argieffoto

‘n Passasier, sonder vliegervaring, het Dinsdagaand ‘n noodlanding met ‘n ligte vliegtuig in Engeland uitgevoer nadat die vlieënier siek geword het.

“Hy het die viersitplek-Cessna 172 veilig geland met behulp van twee instrukteurs op die grond,” het ‘n woordvoerder vir die Humberside-lughawe Woensdag gesê.

Die passasier was ongedeerd, maar plaaslike owerhede het bevestig dat die vlieënier later gesterf het. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie. Die twee mans was die enigste mense aan boord.

Die vliegtuig het Dinsdagoggend vanaf Yorkshire opgestyg. “Die vlieënier het omstreeks 18:20 (Engelandse tyd) ‘n noodtoestand verklaar, net voordat hy nie langer in staat was om die vliegtuig te beheer nie,” het die woordvoerder aan AFP gesê.

– SAPA/AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jasper ·

Dit wil gedoen wees. Mog ek nooit met so min keuses gelaat word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.