‘n Passasier, sonder vliegervaring, het Dinsdagaand ‘n noodlanding met ‘n ligte vliegtuig in Engeland uitgevoer nadat die vlieënier siek geword het.
“Hy het die viersitplek-Cessna 172 veilig geland met behulp van twee instrukteurs op die grond,” het ‘n woordvoerder vir die Humberside-lughawe Woensdag gesê.
Die passasier was ongedeerd, maar plaaslike owerhede het bevestig dat die vlieënier later gesterf het. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie. Die twee mans was die enigste mense aan boord.
Die vliegtuig het Dinsdagoggend vanaf Yorkshire opgestyg. “Die vlieënier het omstreeks 18:20 (Engelandse tyd) ‘n noodtoestand verklaar, net voordat hy nie langer in staat was om die vliegtuig te beheer nie,” het die woordvoerder aan AFP gesê.
– SAPA/AFP
Gonnas ne? Ek sou die paparasie koors gekry het….
Ek sou dit nooit kon doen nie.
Wel gedaan! Dit moes guts en kophou verg!
Dit wil gedoen wees. Mog ek nooit met so min keuses gelaat word nie.