Passasier op een van vermiste vliegtuie Durbanse lugskou-koördineerder

Een van die passasiers op die twee vliegtuie wat Sondag vermis geraak het, is Durbanse lugskou-koördineerder.

ʼn Woordvoerder van die Durbanse lugskou, Ray de Vries, wou egter nie die man se naam bekendmaak nie. De Vries sê hulle hoop steeds dat die vliegtuie en passasiers veilig gevind sal word. Die Suid-Afrikaanse maritieme en lugvaartsoek-en-reddingsentrum het vroeër berigte ontken dat die wrakstukke van die twee Albatros-vliegtuie wat Sondag tussen Tzaneen en die Randse lughawe vermis geraak het, gevind is. ʼn Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse maritieme en lugvaartsoek-en-reddingsentrum, Johnny Smith, sê gure weer bemoeilik die soektog maar dat spanne wel op die grond die soektog voortsit. Na berigte was daar tussen 12 en 14 mense aan boord toe die vliegtuie Sondag, na die Tzaneen lugskou, vertrek het. Volgens berigte is verskeie bekendes in die lugvaartbedryf en hulle gesinne, waaronder twee jong meisies, aan boord die vliegtuie. Die polisie in Limpopo sê ʼn soek- en reddingspan is besig om na ʼn gebied te stap waar ʼn ooggetuie glo vroeër gesien het hoe twee vliegtuie val. Dit sal die reddingspan sowat twee ure neem om die gebied te bereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.