Passasier skiet taxibestuurder dood

ʼn Taxibestuurder is Sondag in Bellville, Kaapstad, doodgeskiet ná hy glo geweier het om ʼn passasier by ʼn sekere bestemming af te laai.

Die Cape Times berig dat George Green (53) omstreeks 10:00 vyf keer in die rug geskiet is.

Adjudant-offisier November Filander, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het by die kruising van Belrail- en Oosweg gebeur. “ʼn Passasier wou by dié kruising afklim, maar Green het geweier omdat dit nie ʼn aangewese stopplek was nie. ʼn Rusie het ontstaan en Green het gevolglik van die pad afgetrek, waarna hy geskiet is. Die man het van die toneel gevlug en is nog nie vasgetrek nie,” het Filander gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.