Passasiers 2 uur lank op Gautrein gestrand

FOTO: @RealPeer_Presha, Twitter.

Gautrein-passasiers is Dinsdagoggend vir etlike ure net buite Centurion gestrand na die treindrywer ‘geforseer’ was om die noodrem te gebruik.

Bombela, die konsor­tium wat die Gautrein bedryf, het aan EWN gesê dit is nog nie bekend wat die probleem was nie, maar dat die drywer wel geforseer was om die noodrem te gebruik. Bombela het om verskoning gevra dat die passasiers vir twee ure lank vertraag is.

Volgens Errol Braithwaite, ʼn Bombela-woordvoerder, het aanvanklike pogings om die passasiers weer onderweg te kry, misluk. “ʼn Alternatiewe trein is van die hoofstasie ontbied. Die plan was om dit aan die gestrande trein te koppel. Vir een of ander tegniese rede kon die treine nie koppel nie en die passasiers is daarna na ʼn ander trein geskuif,” het hy gesê.

ʼn Passasier sê die trein was skaars vyf minute van die Centurion-stasie weg toe hy rook geruik het. Hy sê dieselfde trein het verlede week ook net gaan staan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.