Passasiers se heldedaad om vrou te bevry

Die foto wat in Yomiuri-koerant verskyn het

Passasiers het ʼn 32-ton treinwa van ʼn platform in Japan weggestoot om ʼn vrou, wat in die 20cm-gaping tussen die trein en platform beland het, te bevry.

ʼn Publieke aankondiging dat ʼn passasier vasgekeer is, het sowat 40 mense aangespoor om spoorwegbeamptes te help om die treinwa, wat se suspensiestelsel toelaat om na ʼn kant oor te leun, weg te druk, het die Yomiuri-koerant berig.

Die onbekende vrou, in haar 30s, is ongedeerd gered by JR Minami-Urawa-stasie, noord van Tokyo.

Ná ʼn agt minuutlange vertraging was die trein weer in werking.

ʼn Foto van die reddingspoging het in Yomiuri se aanduitgawe verskyn.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.