Passasierskepe glo nie meer welkom by V&A Waterfront

Die MS Deutschland staan geanker by die V&A Waterfront

Die stad Kaapstad is besorg oor ʼn besluit wat deur die departement van binnelandse sake geneem is wat voortaan passasiersbote sal verhoed om by die V&A Waterfront te anker, en vermoed dat dit die toerismebedryf negatief sal beïnvloed.

Medium en kleiner skepe was in die verlede toegelaat om by die Waterfront te anker, terwyl skepe langer as 200 meter by die Doncan Dock moes anker. Die departement het genoem dat hulle die besluit geneem het weens sekuriteitsgevare en het gesê dat alle skepe nou slegs toegelaat sal word om by die hoofhawe te anker. Raadslid Grant Pascoe het gesê dit sal die tradisioneel besige passasierskipseisoen beïnvloed. “Ons het begrip dat daar ʼn sekuriteitsrisiko is, maar ek dink tog ons kan die situasie beheer. Ons verwag ten minste 13 passasierskepe om deur die hawe te kom en dit is goeie besigheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.