Pastoor in hof vir derde verkragting-saak

Die pastoor van Limpopo wat Maandag in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn 14-jarige meisie in Seshego verkrag het, het Vrydag in die landdroshof in Polokwane op ʼn derde aanklag van verkragting verskyn, het die polisie gesê.

Die tweede aanklag van verkragting wat deur ʼn 18-jarige van Polokwane ingedien is, en die derde klag wat deur ʼn 20-jarige van Seshego ingedien is, sal nou gelyktydig in Polokwane aangehoor word, het brig. Hangwani Mulaudzi gesê. Die man moet weer op 11 Januarie in die hof verskyn om aanklag twee en drie aan te hoor. Die man sou Vrydag in die hof in Seshego verskyn het, maar ʼn ooreenkoms is bereik om die saak in Polokwane aan te hoor aangesien die man in die polisiestasie se selle aangehou word. Die eerste aanklag sal steeds in die landdroshof in Seshego aangehoor word, tensy ʼn verdere ooreenkoms bereik kan word tussen die Nasionale Vervolgingsgesag en die departement van justisie, het Mulaudzi gesê. “Hy is Dinsdag R2 000 borg toegestaan vir die eerste saak wat dit nou moeilik maak om dit met die twee ander sake te verbind.” Die man sal op 17 Februarie in Seshego verskyn vir die eerste aanklag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.