Pastoor ondersoek oor hy hulle glo nie wil trou

images (1)Die Menseregtekommissie (MRK) ondersoek ʼn pastoor van die Sewendedag-Adventiste-kerk nadat hy glo geweier het om ʼn wit vrou en ʼn bruin man in die eg te verbind.

Die Sunday Times berig dat die pa van die bruid die klag by die MRK aanhangig gemaak het nadat die pastoor glo aan die paartjie gesê het dit is nie goed vir mense van verskillende rasse om te trou nie. Die pastoor het aan Sunday Times gesê hy het berading aan die paartjie verskaf maar dat hy hulle nie getrou het nie aangesien hy nie ʼn geregistreerde huweliksbeampte is nie. Isaac Mahlangu, woordvoerder van die MRK, het aan die koerant bevestig dat hulle die saak ondersoek. Die paartjie is intussen deur ʼn dominee van die Nederduits Gereformeerde kerk in die eg verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jasper ·

Die pastoor kon hulle elkgeval nie trou nie want hy het nie die bevoegdheid nie. Hy het sy opinie oor die huwelik met hulle gedeel. As jy nie saamstem nie, kry vir jou n ander huweliksbevestiger.
Almal is vry om te sê aborsie, gemengde huwelike, gay wees ens ens is reg. Maar sodra jy anders daaroor voel en dink, is jy n krimmineel. Waar is Vryheid van spraak ?

Deon ·

As die Pastoor korrek aangehaal is, is sy opinie in elk geval goeie raad aangesien ras-vermenging rebelsheid teen God se skeppingorde verteenwoordig. Vergelyk ook die sielkundige effek op die kinders. En Jasper ek stem saam met jou kommentaar.

Marcus Volschenk ·

Deon Jy is so reg. Bly om te sien mense ken nog die Waarheid van die Skrif

Hennie van der Merwe ·

Die Skrif is ons lig vir die pad, en die lamp vir ons voet. In die laaste dae sal alles wat reg is derkeerd wees, en wat verkeerd is, sal reg wees. Daar is niks goeds in die mens nie! Wat verkeerd is , is verkeerd! Deon, Markus en Jasper, ek stem een honderd persent met julle saam!

Marietjie ·

tien uit tien vir die pastoor. Ek sal maar niks verder se nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.