Pastoor vas oor dwelms

ʼn Pastoor in die Wes-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo dwelms in die Buffeljags-gevangenis naby Swellendam probeer in smokkel het.

Simphiwe Xako, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, sê veiligheidswagte het dagga, Mandrax-tablette en ses sakkies tik in die pastoor se besit gevind tydens ʼn roetine ondersoek voor hy die gevangenis binne is vir ʼn besoek. Die veiligheidswagte het die pastoor aangehou tot die polisie opgedaag en hom in hegtenis geneem het. Hy sal na verwagting Maandag in die Swellendam-landdroshof verskyn. “Die pastoor was een van die kerkleiers wat toegang tot tronke in die Swellendam-area verkry het as deel van ʼn geestelike rehabilitasieprogram,” het Xako gesê. Die groep kerkleiers besoek gereeld die nagenoeg agt tronke in die Swellendam-gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.