Pastoor verkrag glo 17-jarige

Argieffoto

ʼn Pastoor van Noordwes is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 17-jarige meisie naby Rustenburg verkrag het.

Brig. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, sê die pastoor (29) is in Phokeng in hegtenis geneem. “Die pastoor het die Perish for a Crusade-kerk vir ʼn week lank besoek. Hy het vroeër die week tydens ʼn diens glo vir die meisie gebid. Hy het ook later die meisie en haar vriendinne gaan oplaai sodat hulle hom kon help om die kerk skoon te maak. Hy het Dinsdagoggend aangebied om haar skool toe te neem en haar toe vermoedelik, onderweg na die skool, in ʼn veld verkrag. “

Volgens Ngubane het inwoners die pastoor se voertuig by die veld sien inry en die polisie ontbied. Die polisie het die pastoor op heterdaad betrap. Die verdagte moet Woensdag in die Bafokeng-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hendrina Lambert ·

Ja nee hy loop definitief met die Bybel onder sy arm en die Duiwel sy bondgenoot op sy skouer. Nee wat of hy nou ‘n Priester is of nie sny al sy loshangende goete af en gooi dit in die veld. Kannie glo die mans kan hul nie beheer nie. En moenie glo nie maar ek dink nie dis sy eerste Keer nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.