Pastoor verkrag glo vrou in kerk

Argieffoto

ʼn Pastoor van Johannesburg is in hegtenis geneem nadat hy glo Vrydag ʼn vrou drie keer in sy kerk verkrag het.

Ao. Kay Nakhubele het Saterdag gesê die vrou het ʼn saak by die Jabulani-polisiestasie teen die pastoor, van Zola in Soweto, aanhangig gemaak.

Volgens Nakhubele het die pastoor glo Vrydagoggend die 29-jarige vrou na die kerk ontbied sodat hy die selfoon wat hy van haar geleen het, kon teruggee. Hy het haar glo herhaaldelik verkrag en gedreig om haar te verwurg as sy sou skreeu.

“Sy het Vrydagaand die saak aangemeld nadat hy haar glo vrygelaat het. Die pastoor (30) is kort daarna in hegtenis geneem,” het Nakhubele gesê.

Die vrou is vir mediese toeste gestuur en ontvang berading.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annamie ·

Wat de donner gan an in hierdie land van ons??? Ek wend net dat my finansies reg was sodat ek en my gesin kan land uit gaan en n nuwe lewe kan begin want ek is wragtig nie n trotse suid afrikaner ni… Hi kan jy trots op Jo land as daar sukke geweld aangaan? Dis dan mos ni n land om op trots te wees ni…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.